Comedy
Iemand wie mens amper bang is om aan jou meisie voor te stel omdat hy so f&kken awesome is! ⚡?⚡ Dan nog 'n MOERSE NICE ou ook... Dricus Du Plessis het vroeg provinsiaal rugby gespeel, maar besluit hy wil fight... Op 5jarige ouderdom het hy met judo begin en op 16 het sy dissipline in martial arts (en sommer skoolwerk) geskyrocket. Dié 26 jarige Vrystater, Hartbeespoortdam-leerder en nou Pretorianer, het al 'n groot kompetisie in Pole gewen, onlangs sy UFC debuut - in Abu Dhabi teen 'n 6jaar-ouer Brasiliaan - 1ste rondte knockout gewen en oefen nou vir sy volgende UFC fight, 20 Maart 2021, teen 'n Amerikaner. (Dit sal op SuperSport Action - channel 210 - te sien wees.) Die man se gemaklikheid en nederigheid maak hom só lekker om mee te connect, terwyl mens rustige selfvertroue en ysterlik dryf binne die medemenslikheid aanvoel. Mens wil, in fact, jou meisie én vriende aan so awesome mens voorstel - sy generosity maak mens gesien en geinspireerd voel. Geen druk, net onvoorwaardelike support, Champ. Leer by jou en waardeer jou ? Dankbaar vír - en opgewonde óór - mense soos jy... Flow & fly, 'Stillknocks'! ⚡????