Miscellaneous
Die derde en laaste episode van hierdie reeks van onderhoude, fokus op die suksesverhale van Fines4U oor die afgelope 14 jaar, sowel as die maatskappy se kostestrukture. Van Fines4U se groot korporatiewe kliënte sluit in WeBuyCars, Mercedes Benz SA en McCarthy Toyota Sinoville. Cornelia van Niekerk, stigter en eienaar van Fines4U, is ‘n vurige kampvegter vir geregtigheid wanneer dit kom by verkeersaangeleenthede, en het al by drie geleenthede onderskeidelik RTIA, wat boetes namens AARTO uitreik, en Johannesburg Metropolisie (JMPD) suksesvol hof toe gesleep. Die publiek het intussen voordeel getrek uit dié hofuitsprake, aangesien nie minder nie as 50 miljoen AARTO-boetes in 2018 teruggetrek is! Volgens Willem le Roux is dit juis die kaliber diens, en gemoedsrus, wat Fines4U-kliënte ontvang.