Religion & Spirituality
Wie is God — Wie is God nou eintlik? As n CA was besigheid, sukses, geld en titels baie belangrik vir my. Ek was altyd n 'high achiever' en ek was verslaaf aan sukses. Maar die jaag van doelwit na doelwit, die trek van een plek na die ander en die konstante 'deadlines' het my sieldood laat voel. Ek is bly God het my deur hierdie 'crash course in life' gesit, want dit was in my desperate uitputting dat my spirituele lewe nou regtig wakker geword het. Ek het eers baie verkeerde draaie geneem, maar elke draai het vir my dure lesse geleer. En elke les het my gehelp om die regte God te vind.