Miscellaneous
Jacques Basson gesels met Willem le Roux, bemarkingsbestuurder van Fines4U, ‘n maatskappy wat verkeersboetes administreer namens ‘n verskeidenheid van maatskappye en private instansies. Fines4U onderhandel ook om korting te beredder vir boetes en bied ‘n diens in terme van die betaling daarvan, sowel as die hernuwing van lisensies. Willem praat ‘padlangs’ (verskoon die woordspeling) oor AARTO, die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe wat gebasseer is op ‘n puntestelsel om verkeersoortredings meer effektief te probeer bekamp. Die hoofdoel is om ‘n vereenvoudigde toepassing van padverkeerswette beskikbaar te stel, met vasgestelde bedrae vir spesifieke verkeersoortredings. Die landswye implementering van die wet is intussen uitgestel weens COVID-19