Ep. 77: Alwyn Uys

Share:

Tafelmaniere Podcast

Comedy


LUISTER op APPLE PODCASTS en SPOTIFY of Kyk op YouTube!In hierdie episode gesels ek met Alwyn Uys!Ons almal val gereeld in die lokval van om te veel te fokus op ons probleme. Maar as jy mooi daaraan dink, is jou probleme nie regtig so ernstig soos wat jy dink hul is nie. Die dag wat daar iets tragies met jou gebeur bv. jy verloor die gebruik van jou bene, dan is jou probleme groot! Dit is hier waar jy dan met 'n keuse geseën word: Gee op, of hou aan leef! Alwyn is 'n drie-kamp atleet en ook in die bediening. Hy neem, onder andere, deel aan die Ironman drie-kamp reeks. Alwyn is 'n normale Afrikaanse klong met 'n sprankel in sy oë. Maar nadat hy 'n paar jaar gelede in 'n motor-ongeluk was, het sy lewe verander. Hy is nou verlam. Maar dit definieer hom nie as 'n mens nie. Inteendeel, Alwyn is een van die mees positiefste mense wat ek al in my lewe ontmoet het.Alwyn kies elke dag om die lewe voluit aan te pak! Hy het die vermoë om iets te vat, wat baie hartseer sou wees vir meeste mense, en dit in 'n storie van hoop te ontskep! As jy my nie glo nie, gaan kyk gerus na sy YouTube kanaal!Dit is gesprekke, soos dié, wat my motiveer om elke dag beter te wees as gister!Ek beskou dit, weereens, as 'n reuse eer om met iemand soos Alwyn te kan gesels, in hierdie chaotiese tyd waarin ons lewe. Dankie Alwyn dat ek met jou kon gesels! SUBSCRIBE TOT HIERDIE PODCAST OP APPLE PODCASTS EN YOUTUBE!Ek hoop jul geniet hierdie episode!Volg ons op:YouTube: Tafelmaniere PodcastInstagram: @tafelmaniere_podcastfacebook: https://www.facebook.com/tafelmaniere/Gesels gerus met my oor onderwerpe, toekomstige gaste en sommer net as jy iemand nodig het.Dankie aan julle vir al die ondersteuning!Totsiens!Fredrick.