Comedy
LUISTER op APPLE PODCASTS en SPOTIFY of Kyk op YouTube!In hierdie episode gesels ek met Dricus du Plessis!Ek glo dat dit in vandag se tyd, meer as ooit, noodsaaklik is om opgelei te word in een of ander vorm van verdediging. Veral in Suid-Afrika!Dricus is 'n "vegkunstenaar" (martial artist) in die wêreld se grootste MIXED MARTIAL ARTS promosies, die UFC.Behalwe dat hy baklei vir 'n lewe, is hy soveel meer as net 'n vegter. In vandag se tyd is dit baie moeilik om by die UFC uit te kom, met minimale ondersteuning vanaf ons regerig. Dricus is een van net 'n handjie vol atlete, vanaf Suid-Afrika, wat dit reggekry om voltyds op 'n internationale platform, soos die UFC, deel te neem.Dricus is 'n ware "martial artist" en aanvaar die etos van 'n vegter op 'n daaglikse basis. Hy is 'n ware Suid-Afrikaner en dra ons land se vlag met trots. Ek beskou dit, weereens, as 'n reuse eer om met iemand soos Dricus te kan gesels, in hierdie chaotiese tyd waarin ons lewe. Dankie Dricus dat ek met jou kon gesels! SUBSCRIBE TOT HIERDIE PODCAST OP APPLE PODCASTS EN YOUTUBE!Ek hoop jul geniet hierdie episode!Volg ons op:YouTube: Tafelmaniere PodcastInstagram: @tafelmaniere_podcastfacebook: https://www.facebook.com/tafelmaniere/Gesels gerus met my oor onderwerpe, toekomstige gaste en sommer net as jy iemand nodig het.Dankie aan julle vir al die ondersteuning!Totsiens!Fredrick.