Miscellaneous
Kosmos 94.1 — Die Bank van Namibië het die ekonomiese vooruitsigte vir 2020 bekend gemaak. Die verwagting is dat die Namibiese ekonomie met 7,8 persent sal inkrimp. Bruce Hansen, Besturende Direkteur van Simonis en Storm in die hoofstad het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik hoe dit die gewone verbruiker raak.